Tannie Poppie se Kombuis: Worspastei

0
781

Deeg:
4 koppies koekmeel
500g margarien of botter
1 koppie kookwater
5ml sout
Metode:
Smelt botter met kookwater – gooi kookwater oor botter en meng tot glad.
Voeg meel en sout saam.
Gooi dit by bottermengsel.
Meng goed deur tot deeg.
Moenie menger gebruik – gebruik houtlepel.
Sit in yskas toegedraai in gladwrap.
Terwyl koud word, smeer oondpan.
Maak 1kg wors gaar in pan – nie oorgaar nie.
Sny word in wielletjies.
Sit eenkant en laat afkoel.
Braai uie in pan – nie tot bruin nie.
Haal deeg uit en rol uit tot 5mm dik.
Voer pan met deeg uit sodat dit oorhang oor die pan.
Pak worsrolletjies op deeg in pan.
Gooi uie oor en vou deeg toe van buite pan rofweg na binnekant.
Smeer deeg met geklitste eier.
Bak vir 25 min by 180°C dit mooi bruin is.

Resep

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here