Onkologie-eenheid bederf kankerpasiënte

0
1442
Willie Botha, blinde sanger en predikant, was een van die kunstenaars op Dinsdag, 23 Augustus by die onkologie-eenheid se funksie vir kankerpasiënte.

Die onkologie-eenheid op Trichardt het op Dinsdag, 23 Augustus ’n funksie vir kankerpasiënte en hul families aangebied en hulle bederf met eetgoed en vermaak.
’n Blinde predikant en sanger, Willie Botha, het gesing en Dieter Uken was die seremoniemeester vir die dag.
Willie het gesê sy gunsteling boek in die Bybel is Spreuke en hy het Spreuke 18:21 wat lui: ‘Dood en lewe is in die mag van die tong, en hy wat dit liefhet, sal die vrug daarvan eet.’ aangehaal en gesê ’n mens praat somtyds sonder om te dink en woorde kan dan soos dolksteke wees.
Hy het ook Spreuke 12:18 aangehaal wat lui: ‘Daar is een wat onnadenkend praat soos met swaardsteke, maar die tong van die wyses is genesing.’
“Dit is lekker om te lewe en daar is hoop vir julle wat hier sit,” het Willie vir die kankerpasiënte gesê.
“Daar is hoop vir my omdat ek ’n kind van die Here is, daar is vir my iets om voor te lewe.”
Willie was op 12-jarige ouderdom gedeeltelik blind en op 33 na ’n operasie heeltemal blind.
Dokters het vir hom gesê die operasie sou ’n sukses wees, maar hy was heeltemal blind toe hy sy oë oopmaak na die operasie.
In sy boek, ‘Om weer op te staan’ vertel hy sy lewensverhaal.
Dieter het ook sy getuienis gedeel en gesê hy vier ook die lewe nadat hy 12 jaar gelede breinkanker oorwin het. Marthie Pretorius het ook haar getuienis gedeel.
Sy is in sewe jaar drie keer met kanker gediagnoseer.
Estelle Swart (DA-raadslid oud Kansa-vrywilliger en voorsitter van die nie-winsgewende organisasie, Gosh4Cancer wat kinders bystaan wat kanker het) is in Mei met kanker in albei haar niere gediagnoseer.
Sy het vertel hoe sy voor die operasie waarin een van haar niere verwyder is, vir die Here gevra het om haar net genoeg nierfunksie te gee sodat sy nie dialise sal hoef te kry nie.
Vandag het sy 37% nierfunksie en hoef nie dialise te kry nie.
Die organiseerders van die funksie het die pasiënte bedank asook die twee dokters van die onkologie-eenheid, dr. Ingrid Craig en dr. Frank Persson asook almal wat gehelp het deur donasies en borge en almal wat betrokke was bv die funksie.

Willie Botha, blinde sanger en predikant, was een van die kunstenaars op Dinsdag, 23 Augustus by die onkologie-eenheid se funksie vir kankerpasiënte.
Willie Botha, blinde sanger en predikant, was een van die kunstenaars op Dinsdag, 23 Augustus by die onkologie-eenheid se funksie vir kankerpasiënte.
Marthie Pretorius deel haar getuienis nadat sy al drie keer met kanker gediagnoseer is
Marthie Pretorius deel haar getuienis nadat sy al drie keer met kanker gediagnoseer is
Estelle Swart deel haar getuienis nadat sy in Mei vanjaar met kanker in albei niere gediagnoseer is.
Estelle Swart deel haar getuienis nadat sy in Mei vanjaar met kanker in albei niere gediagnoseer is.
Dieter Uken was die seremoniemeester en het ook sy getuienis gedeel.
Dieter Uken was die seremoniemeester en het ook sy getuienis gedeel.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here