Goedehoop-atlete eindig tweede

0
295

Laerskool Goedehoop se landloopspan het op Saterdag, 13 Augustus aan die Landloop Super 12-byeenkoms op Rustenburg deelgeneem en ’n algehele tweede plek behaal.
Die meisiespan het tweede geëindig en die seunsspan vyfde.
Die atlete wat onder die top vyf geëindig het, is Mia du Toit (vyfde), Caylin Loock (vierde), Tyran Moolman (tweede), Elri Kruger (tweede), Sharona Klein (eerste) en Michelle Parkes (eerste).

LS Goedehoop Landloop Super 12

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here