Teken petisie teen beeste

0
845
Beeste is verlede naweek in Secunda se woongebiede gesien.

Beeste in die strate van Secunda is deesdae ’n algemene verskyning en kopseer vir inwoners.
Personeel van Langamed het Sondagoggend (14 Augustus) op ’n bees afgekom wat raakgery is op die pad tussen Trichardt en Evander.
Die bees het nog gelewe en die motoris wat hom getref het, was nêrens te sien nie.
Langamed en Car Doctor het die bees uit die pad uitgesleep en die polisie en die Hoëveldrif DBV is genader om die dier uit te sit.
Lede van die Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) het inwoners aangemoedig om ’n petisie te teken teen die beeste wat in die strate en in die woongebiede loop.
Dié petisie kan by die GPF se beheerkamer by Lake Umuzi geteken word en gaan by die munisipaliteit ingehandig word.sodra daar genoeg handtekeninge is. DIE GPF beplan om verdere stappe te neem as daar niks aan dié probleem gedoen word nie.
Daar is verlede naweek selfs beeste naby die eendedammetjie en die woongebied naby die 5 Ster SuperSpar gesien.

Beeste is verlede naweek in Secunda se woongebiede gesien.
Beeste is verlede naweek in Secunda se woongebiede gesien.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here