Snotkop en ander kuier binnekort op Secunda

0
1857
Snotkop is op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees te sien.

Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees vind op Saterdag, 27 Augustus in die groenstrook langs die Kruik Kerk en die Sasolklub plaas.
Dié fees beloof om vir vermaak vir alle ouderdomme te sorg.
Van die kunstenaars wat mense gaan vermaak is Snotkop, Simoné Roos, Rinel Day, Pieter Koen, Elvis se Seun, Nicholis Louw en Renaldo Alberts.
Daar gaan twee verhoë wees waar optredes gaan plaasvind asook ’n teetuin, skoonheidstalletjies waar mense skoonheidsbehandelings of masserings kan kry, trompoppies, dansers van die Step2Dream Dansskool en Tilana Dansskool en Mnr en Mej Fees (vir 3-20 jaar ouderdomsgroep).
Inskrywings vir die Mnr en Mej Fees is by die skool se kantoor beskikbaar en inskrywingsgeld is R50.
Vir die kinders gaan daar gesigverf wees, ’n inkleurkompetisie, kinderspeletrjies, perdry en teikenskiet.
Daar gaan ook ’n fietswedren wees en inskrywingsgeld is R20.
Secunda Toyota gaan ’n kragmankompetisie aanbied, vir meer inligting, skakel Secunda Toyota by 017 631 6032.
Toegangsgeld is R80 per volwassene, R50 vir hoërskoolleerlinge en R30 vir laerskoolleerlinge en kleuters.
Voornemende uitstallers kan Lizelle van Zuydam skakel by 017 634 7612.
Besoek die fees se Facebook-blad by Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees 2016 en staan die kans om twee kaartjies te wen.

Elvis se Seun is op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees te sien.
Elvis se Seun is op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees te sien.
Nicholis Louw is een van die kunstenaars wat op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Nicholis Louw is een van die kunstenaars wat op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Pieter Koen is een van die kunstenaars wat op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Pieter Koen is een van die kunstenaars wat op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Plaaslike sanger, Renaldo Alberts gaan op op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees optree.
Plaaslike sanger, Renaldo Alberts gaan op op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees optree.
Rinel Day is een van die kunstenaars wat op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Rinel Day is een van die kunstenaars wat op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees gaan optree.
Snotkop is op  Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees te sien.
Snotkop is op Saterdag, 27 Augustus by die Laerskool Secunda/Secunda Toyota inniPark Fees te sien.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here