Netbalspelers samel geld in

0
452
Netbalspelers het geld vir klein Logan Dyssel ingesamel.

Netbalspelers het Saterdag-aand tydens ’n sosiale Fast 5 Neon Light Netbaltoernooi by Lake Umuzi kragte gemeet om geld in te samel vir Logan Dyssel wat binnekort ’n operasie moet ondergaan.
Klein Logan is op 21 Oktober 2013 gebore, maar is kort ná sy geboorte terug hospitaal toe om vir ‘n hartdefek geopereer te word.
Hy het intussen verskeie operasies, onder andere ’n ope-hartoperasie ondergaan en hy het verlede jaar ’n ligte beroerte gehad.
Hy het breinskade opgedoen en is heeltemal doof en kan nie loop of praat nie.
Hy het nou koglea-inplantings nodig om te kan hoor wat sowat R272 000 per oor kos.
Logan en sy ouers woon op Steelpoort.
Sy ouma, Pippa Soloman woon op Secunda.
Die spelers het altesaam R6 000 vir Logan ingesamel.
Die spanne wat deelgeneem het, is :
Petrol Heads MP, Warriors 1, Warriors 2, Die Hele Konsert, Poison Ivy, Brutal Babes, Sweet Revenge, Russion Mob 1, Russian Mob 2, The Big 5, Chick & Sticks en Firebirds.

Netbalspelers het geld vir klein Logan Dyssel ingesamel.
Netbalspelers het geld vir klein Logan Dyssel ingesamel.
Netbalspelers in aksie op Saterdag, 13 Augustus by Lake Umuzi.
Netbalspelers in aksie op Saterdag, 13 Augustus by Lake Umuzi.
Netbalspelers in aksie op Saterdag, 13 Augustus by Lake Umuzi.
Netbalspelers in aksie op Saterdag, 13 Augustus by Lake Umuzi.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here