VLU vereer Lynette en Oosie

0
715
Adj.-Off. Oosie Oosthuizen is deur die Secunda VLU-tak vereer as ’n vrou wat ’n verskil in die gemeenskap maak.

Lede van die Secunda VLU-tak het op Donderdag, 4 Augustus vir vrouemaand twee vroue uit die gemeenskap wat ’n verskil in ander se lewens maak vereer.
Lynette Victor, eienaar van die Sasol Bootcamp en adj.-off. Oosie Oosthuizen van Secunda-polisiestasie, was die twee vroue wat vereer is.
Albei vroue het vertel van die werk wat hul doen en hul projekte.
Lynette het ’n projek waar sy en vrywilligers twee keer per week vir hawelose mense kos gee by die poskantoor.
“Ons gee nie net kos vir die liggaam nie, maar vir die siel en gees ook,” het Lynette gesê.
Hulle doen ook Bybelstudie met die haweloses.
Lynette het baie van die haweloses al gehelp om werk te kry en hulle is nou van die strate af.
“Ek het vir hulle gesê hulle moet hulself sien soos wat die Here hulle sien en nie mense nie.
“Die Here kyk na ons harte, nie na ons bankbalans nie.”
Lynette benodig kos en klere vir dié projek. Belangstellendes wat wil help of betrokke wil raak, kan Lynette skakel by 079 064 1832.
Adj.-Off. Oosie Oosthuizen het oor veiligheid gepraat en oor ’n projek waarvan sy deel was om water in te samel vir die boere in nood.
Verskeie vroue van die Secunda VLU-tak het op 27 en 28 Julie die VLU Mpumalanga-kongres op Hazyview bygewoon en Sophie Hugo het ’n spesiale plek vir haar blommerangskikking gekry.
Dié vergader weer in September, vir meer inligting, skakel Erith Hall by 082 775 7065.

Lynette Victor is deur die Secunda VLU-tak vereer as ’n vrou wat ’n verskil in die gemeenskap maak.
Lynette Victor is deur die Secunda VLU-tak vereer as ’n vrou wat ’n verskil in die gemeenskap maak.
Adj.-Off. Oosie Oosthuizen is deur die Secunda VLU-tak vereer as ’n vrou wat ’n verskil in die gemeenskap maak.
Adj.-Off. Oosie Oosthuizen is deur die Secunda VLU-tak vereer as ’n vrou wat ’n verskil in die gemeenskap maak.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here