Resep: Ouma Liefie se malva-lekkerte

0
455

Bestanddele
1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
150 / 200g botter gesmelt
250ml room styf geklop
1 blikkie kondensmelk
100ml suurlemoensap
1 blikkie gesnipperde pynappel, gedreineer
200g malvalekkers, gesnipper
Metode
Meng beskuitjies en gesmelte botter en druk in ’n tertpan vas om ’n kors te vorm.
Meng die kondensmelk met die suurlemoensap en vou die pynappel en malvalekkers by die mengsel in, gevolg deur die room.
Skep in tertdop en versier met kersies.
Plaas in yskas om styf te word.

IMG-20160810-WA0009 (1)

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here