Sasol-rugbyklub se Permiersliga-span draf op Saterdag, 13 Augustus uit teen Ferros in die liga se eindstryd.
Hulle het die eindstryd gehaal nadat hulle Witrivier met 41-40 in ’n tuiswedstryd op Saterdag, 6 Augustus afgereken het.
Die Spelers van dié wedstryd was Zwerus Evers en Adriaan Pienaar.
Die puntemakers was Steven Jacobs, HJ Neetling, Shaun Jacobs, Erik de Vos, Rudi Vorster en Juandré Kleynhans wat elkeen een drie gedruk het.
Kleynhans het sy eie drie verdoel wat ook die laaste drie vir die wedstryd was en sodoende Sasol laat wen.
Fanie Booysen het twee strafdoele en ’n skepskop deur die pale gestuur vroeg in die wedstryd.
Die Hydra Arc Sasolspan se eindstryd word ook op hul tuisveld op Secunda beslis.
Die wedstryd begin om 15:30 en beloof, soos altyd, om ’n geharde stryd te wees.
Die gemeenskap kan die wedstryd gaan kyk en Sasol ondersteun.
Hoërskool Oosterland se orkes gaan voor die afskop optree.