Sasol klop Middelburg

0
343

Sasol HydraArc1 het Saterdag met Middelburg afgereken en hulle met 61-21 geklop.
Die twee Spelers van die Wedstryd was Stretch Streicher en Dyon Henegan.
Die puntemakers was Stretch Streicher (drie drieë), Steven Jacobs (twee drieë), HJ Neetling, Eon Schlechter, Christo Erasmus en Fanie Booysen. Jacobs het vyf van die drieë verdoel en een strafdoel deur die pale gestuur, en Booysen het ook met ‘n strafdoel geslaag.
Spelers van Middelburg het glo na die tyd opgemerk dat hulle naderhand nie meer geweet het waar om Sasol-spelers te keer nie.
Sasol HydraArc2 het in die stof gebyt teen Standerton 1 met 7-53.
William Pretorius het vir Sasol HydraArc2 ’n drie gedruk en dit verdoel.
Die Spelers van die Wedstryd was Riaan Boshoff en André (Pops) Wittstock.
Sasol 3 eMba sou teen die Ferro’s 3 uitdraf, maar die Ferro’s het laat weet hulle kom nie speel nie.
eMba kry dus vyf punte en Sasol-rugbyklub se bestuur het besluit om dié span te bederf met ’n ontbyt by die Vyf Ster Superspar.

Steven Jacobs van Sasol HydraArc1 stuur die bal deur die pale.
Steven Jacobs van Sasol HydraArc1 stuur die bal deur die pale.

Sasol Rugby3

Strecht Steicher van Sasol HydraArc1 nael pale toe met die bal.
Strecht Steicher van Sasol HydraArc1 nael pale toe met die bal.

Sasol Rugby6 Sasol Rugby5