Tannie Poppie se Kombuis: Snoekpastei

0
589

Bestanddele
• 1 groot aartappel in dun ringe gesny
• 1 groot ui fyn gesny
• 375 ml geflokte snoek
• 500 ml van jou eie gewone witsous
• 125 ml gerasperde chedder kaas
• 2 geklitste eiers
• 10 ml gekapte vars pietersiele
• 5 ml droë mostert poeier
Metode:
Plaas aartappel op bodem van ’n gesmeerde oondpan.
Kook snoek 15 minute lank om van die oortollige sout ontslae te raak.
Verwyder van die stoofplaat. Laat afkoel en flok die snoek.
Meng die ander bestandele alles saam.
Giet mengsel boo-or aartappels.
Maak gelyk.
Bak teen 180°C tot mooi bruin – vir sowat 25 tot 30 minute.

534313_396417037078771_1764062643_n