Seniorburgers vier Moedersdag

0
194

Lede van die Evander-seniorburgerklub is op Donderdag, 5 Mei bederf vir Moedersdag.
Hulle het ’n ete by die Evander-klub geniet.
Die bestuur van die seniorburgerklub het Audrey Doonan van die Evander-klub bedank vir die ete, asook Hennie en Marlene Kruger van die Sasol Vulstasie vir die geskenkies, Elaine vir die blomme en Michael vir die vonkelwyn.
Die Evander-seniorburgerklub vergader weer op Donderdag, 19 Mei om 10:00 by die Evander-klub en belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting, skakel Marie van Biljon by 083 822 3208.

Evander Seniorburgers