Polisielede besoek skole

0
1596
Lede van Secunda-polisiestasie het Laerskool Goedehoop op Donderdag, 5 Mei besoek. Hiér is Philip Meyer (adjunkhoof van Laerskool Goedehoop), adj.-off. Oosie Oosthuizen, kapt. Joy Smit, adj.-off. Gloudie Sachse (kinderbeskermingseenheid) en adj.-off. Newster Twala.

Lede van Secunda-polisiestasie, Sosiale Misdaadvoorkoming, sektorbevelvoerders en die kinderbeskermingseenheid het as deel van kinderbeskermingsmaand afgeskop met ’n projek en op Donderdag, 5 Mei die eerste van 10 skole besoek om met die leerlinge oor beskerming te praat.
Laerskool Goedehoop was eerste op die lysie.
Die ander skole is Cum Laude Privaatskool, Highveld Ridge Primary School, Highveld Christian Centre, Marietjieskool, Laerskool Secunda, Laerskool Oranjegloed, Curro Secunda, Laerskool Kruinpark en Secunda Christian Academy.
Kapt. Joy Smit het die leerlinge toegespreek en gesê kinders het regte, maar hulle moet gehoorsaam wees aan hul ouers.
“As ons volgens die wet van die Here leef, is geen ander wet te moeilik om te gehoorsaam nie,” het sy gesê.
“Die polisie is daar om jou te help, laat weet ons asseblief as jy probleme het.”
Adj.-off. Gloudie Sachse van die kinderbeskermingseenheid het ook vir die leerlinge gesê kinders het die reg om beskerm te word en om ’n klag te lê as hulle seergemaak word.
“Baie kinders wat ander boelie, word in hul eie huise ook geboelie,” het sy gesê.
“Dit is baie lelik om ander kinders sleg te sê of te spot – jy weet nie wat daardie kind se omstandighede is nie.
“Geld bepaal nie ’n mens se karakter nie.”
Adj.-Off. Oosie Oosthuizen het leerlinge gemaan om nie alleen in die groenstroke te loop of fiets te ry nie, maar eerder in groepe.
Sy het leerlinge genooi om met haar te gaan praat as hulle enige probleme het en gesê haar deur staan altyd oop vir leerlinge.