Kom speel in rugbyproewe

0
436

Andries Labuschagne, Prestige Jeug Sport Mpumalanga-voorsitter, het alle o.14-, o.15- en o.17-rugbyspelers genooi na die proewe vir die Prestige Jeugsport-toernooi wat vanaf 5 tot 9 Julie by die VUT Steyl-stadion op Vanderbijlpark plaasvind.
Mpumalanga word in drie streke gedeel wat elk afsonderlik aan die Rhino-toernooi gaan deelneem.
Die proewe vir die Hoëveldstreek vind op Woensdag, 18 Mei om 13:30 by Hoërskool Oosterland plaas.
Registrasiegeld is R60 per speler en word gehef vir onder andere noodhulp en skeidsregters.
Vir meer inligting, skakel Hoërskool Oosterland by 017 631 1091.

Rugby logo