Secunda klop HTS Witbank

0
607

Hoërskool Secunda het Saterdag op hul tuisveld met HTS Witbank kragte gemeet.
Secunda se eerste rugbyspan het gelykop gespeel met 10 punte elk, die tweede span het verloor met 19-25, en die derde span het ook in die stof gebyt met 0-22.
Secunda se o.16A-span het gewen met 41-24 en so ook Secunda se o.15A-span met 43-0, die o.15B-span met 45-24 en die o.14A-span met 12-11.
Secunda se o.14B-span het verloor met 5-10.
Hoërskool Secunda se eerste hokkiespan het gewen met 2-0 terwyl die tweede span gelykop gespeel het met 0-0.
Die o.16-span en die o.14-span het verloor met onderskeidelik 3-1 en 3-0 terwyl die o.15-span ook gelykop gespeel het met 1-1.
Hoërskool Secunda se eerste netbalspan het in die stof gebyt en die eindtelling was 26-19.
Die tweede span het gewen met 15-10.
Die o.16B-span het gewen met 14-10, die o.15B-span met 9-7, en die o.14A- en B-spanne het ook gewen met onderskeidelik 20-7 en 13-2.
Die o.15A-span het verloor met 19-10 en so ook die o.16A-span met 16-14.

HS Secunda rugby3 HS Secunda rugby4 HS Secunda rugby5 HS Secunda rugby6 HS Secunda rugby7 HS SEcunda wintersport1 HS Secunda wintersport2