Sasol klop Witrivier

0
77

Sasol Hydra-Arc se eerste span het die naweek met Witrivier kragte gemeet op Witrivier en gewen met 23-9.
Sasol Hydra-Arc 2 het op Kinross met die Kinross Tigers kragte gemeet en hulle gewen met 52-10.
Sasol 3 eMba het met Middelburg kragte gemeet en in die stof gebyt.
Die telling was 27-14.
Sasol-rugbyklub speel Saterdag op hul tuisveld.
Die eerste span draf teen Middelburg uit, Sasol Hydra-Arc 2 teen Standerton en Sasol 3 eMba teen die Ferros 3.

Sasol rugby1 Sasol rugby2 Sasol rugby3