Fotograwe skryf bestes in

0
406
Nic Samwell se foto Spirit in the Sky.

Lede van Kriel-fotoklub het op 22 Junie hul algmeene jaarvergadering gehou en nuwe bestuur gekies.
Die nuwe voorsitter is Tallies Taljaard en die ander bestuurslede is Sean Samwell (ondervoorsitter), Spokie van der Merwe (sekretaresse), Marinda Oberholzer (tesourier) en Mathilda Clarke en Anton du Plessis (addisionele lede).
James Harris van Secunda-fotoklub was die beoordelaar vir die aand.
Die wenners was Sean Samwell met sy foto Manhole Photographer in die junior-afdeling.
Nic Samwell se foto Spirit in the Sky was die beste in die senior-afdeling.
Die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was Winter en Spokie van der Merwe se foto Horses in the Mist was die beste in dié afdeling.
Marinda Oberholzer was die wenner onder die senior fotograwe met haar foto Sneeu in Harrismith.
Die ander wenners was Lynette Taljaard met haar foto Klaar Gepak in die eenkleurige foto-afdeling, Eric Bosman met sy foto Tande in dieselfde afdeling en in die natuurafdeling was Meisie Hofmann se foto Sterrebane, Lizette Coetzer se foto Laat Waai dat dit so Tol, Gerhard Visagie se foto Cape Vidal en Alet van der Westhuizen se foto Al Suigende die beste.
In die ope-afdeling is die beste foto’s geneem deur Luzaan Lubbe met Footprint of Love, Spokie van der Merwe met Pickin up Pebbels, Sandra van Heerden met Suffering en Alet van der Westhuizen met Sunset Flower.
In die Wildlewe-afdeling was Anton du Plesse se foto, Roep van die Arend, Tallies Taljaard se foto Speeltyd, Sandra van Heerden se foto Ollifant Groet en Eric Bosman se foto Low Flying die bestes.
Kriel-fotoklub se volgende byeenkoms is in Julie, vir meer inligting, skakel Tallies Taljaard by 082 376 1378.

Spokie van der Merwe se foto Horses in the Mist.
Spokie van der Merwe se foto Horses in the Mist.
Lede van Kriel-fotoklub het op 22 Junie vergader. Marinda Oberholzer was die wenner onder die senior fotograwe met haar foto Sneeu in Harrismith.
Lede van Kriel-fotoklub het op 22 Junie vergader. Marinda Oberholzer was die wenner onder die senior fotograwe met haar foto Sneeu in Harrismith.
Nic Samwell se foto Spirit in the Sky.
Nic Samwell se foto Spirit in the Sky.
Sean Samwell se foto Manhole Photographer.
Sean Samwell se foto Manhole Photographer.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here