Hoërskool Secunda kry voertuig

0
1082

Secunda Toyota het onlangs ’n voertuig aan Hoërskool Secunda beskikbaar gestel vir gebruik tydens dié skool se wintersport-seisoen.
Volgens Jan Silvo, algemene bestuurder van Secunda Toyota, gaan dit vir hulle hoofsaaklik oor hulp vir sportontwikkeling en vervoeruitdagings tydens die dag tot dag verrigtinge van personeel by Hoërskool Secunda.
Secunda Toyota was al betrokke by ander instansies wat soortgelyke behoeftes en uitdagings gehad het soos Cum Laude Primary School.
Hiér ontvang Hoërskool Secunda-personeel die voertuig van Secunda Toyota.
Hulle is Paul van den Berg (bemarkingsbestuurder van Hoërskool Secunda), Stefan van Niekerk (verkoopsbestuurder van Secunda Toyota), Lourens Pieterse (hoof van Hoërskool Secunda) en Jan Silvo (algemene bestuurder van Secunda Toyota).

Secunda Toyota