Kriel-fotograwe skryf beste foto's in

0
354
Nic Samwell se foto Warrior Wegspring.

Lede van Kriel-fotoklub het op Woensdag, 20 April, hul maandelikse byeenkoms gehad en fotograwe het hul beste foto’s vir die maandelikse kompetisie ingeskryf.
Francois Rosseau was die beoordelaar.
Hy het ’n APSSA-kwalifikasie en is ook voorsitter van die PSSA (Photographic Society South Africa).
Hy het lede meer vertel van straatfotografie en sy foto’s vertoon.
Eric Bosman se foto, South Port, was die beste onder die senior fotograwe en Nic Samwell se foto, Warrior Wegspring, was die beste onder die junior fotograwe.
Die wenner van die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, wat Gogga’s was, was Wihann Eckard met sy foto Groot Oog.
Die ander fotograwe wat presteer het, is Tallies Taljaard se Water Run in die eenkleurige foto-afdeling en Alet van der Westhuizen se Kwaatjie in dieselfde afdeling.
In die natuurafdeling was Nic Samwell se foto, Forget me not Butterfly, Lynette Taljaards se Aandag soek en Sandra van Heerden se foto Kingfisher, die beste.
In die ope-afdeling was Welicia Schroeder se foto Afrikaners is Plesierig, Samwell se foto, Big Brown Eyes, Tallies Taljaards se foto In the Dog Box, Gerhard Visagie se foto Modder Stop en Van der Westhuizen se foto Jump die beste.
In die wildlewe-afdeling was Carina Samwell se foto, Meerkat, Lynette Taljaard se foto Oppad na Tuiste, Deon Buckley se foto, Grootoog en Erica Bosman se foto Malachite, die beste.
Kriel-fotoklub vergader weer op Woensdag, 18 Mei om 18:30 by Roepersfontein-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Alet van der Westhuizen by 082 850 4706.
Die klub se tema vir Mei is Paint by Light vir die junior fotograwe en Star Trails vir die seniors.

Deon Buckley se foto  Grootoog.
Deon Buckley se foto Grootoog.
Eric Bosman se foto South Port.
Eric Bosman se foto South Port.

Kriel foto-klub-Spider

Nic Samwell se foto Warrior Wegspring.
Nic Samwell se foto Warrior Wegspring.