Skenk bloed en laat gevanges vry

0
608

Secunda Bloeddiens bied op Saterdag, 9 Julie hul jaarlikse Geboei om te Bloei Promosie aan en gaan verskeie mense in hegtenis neem.
Die gemeenskap kan dan bloed skenk om dié gevanges vry te laat.
Elke gevangene moet 10 eenhede bloed kry om vrygelaat te word.
Die Skenker-komitee van Teksa Bloeddiens het die gemeenskap uitgedaag om hulle te ondersteun en te gaan bloed skenk.
Inwoners kan Saterdag tussen 09:00 en 13:30 gaan bloed skenk by Secunda Bloeddiens.
Die bloeddiens beoog om 80 eenhede bloed in te samel.
Volgens Dot Prinsloo, skakelbeampte van Secunda Bloeddiens, is dit dikwels moeilik om bloedvoorraad op die vereiste vlak te hou omdat dit behoefte aan bloed die skenkings oorskry.
“Hospitaalpasiënte veg steeds teen kanker, herstel van motorongelukke en sterk aan na lewensreddende operasies.
“Iemand daar buite wag altyd op daardie bloedproduk om hul lewe te red,” het Dot gesê.
Om bloed te skenk, moet jy tussen 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50kg weeg en ’n veilige en gesonde leefstyl lei.
Vir meer inligting, skakel Secunda Bloeddiens by 017 631 1652 of besoek hulle in Horwoodstraat.

Blood service

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here