Man in aanhouding, DBV verwyder luislang

0
573
Die rooistertluislang wat die DBV vanoggend vanuit ’n huis op Trichardt moes verwyder.

Gert Strydom is op Woensdag, 6 Julie in hegtenis geneem op aanklagtes van bedrog nadat mense hom deposito’s betaal het en later uitgevind het die huis wat hy aan hulle wou verhuur behoort nie aan hom nie.
Strydom is in ’n supermark op Secunda gevang nadat van die mense wat hy ingedoen het, hom gesien het en die polisie geskakel het.
Hy het vanoggend in die hof verskyn om aansoek te doen vir borgtog.
Die eienaar van die woning wat Strydom gehuur het op Trichardt, het Trichardt Polisie vanoggend in kennis gestel dat Strydom se troeteldier, ’n slang, nog by die woning is.
Die polisie het die Hoëveldrif DBV geskakel om te help en senior inspekteur Jenneth Geel, het die slang gaan verwyder.
Volgens Geel is dit ’n rooistertluislang en ’n uitheemse slang.
Die slang is gesond en die DBV gaan hom in ’n reservaat vrylaat.

Die rooistertluislang wat die DBV vanoggend vanuit ’n huis op Trichardt moes verwyder.
Die rooistertluislang wat die DBV vanoggend vanuit ’n huis op Trichardt moes verwyder.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here