Kinders geniet Jeugweek

0
1094
Estelle Coetzer, stiger van jeugweek met een van die kunsitems wat die kinders gemaak het.

Kinders het verlede week weer die jaarlikse Jeugweek wat deur Estelle Coetzer en haar span by die N.G. Kerk op Kinross aangebied word, terdeë geniet.
Estelle het in 1996 vir die eerste keer die jeugweek aangebied.
Dit bestaan uit ’n week van pret, speletjies en geestelike insette.
Jeugweek is interkerklike en kinders vanaf Graad 1 tot Graad 12 is welkom.
Altesaam 118 kinders het vanjaar se jeugweek bygewoon.
Hulle het geleer van die vrugte van die Gees volgens Galasiërs 5:22 en kinders moes mekaar komplimente gee.
Daar was ook die Johannes 13-trofee vir die groep wat die beste gedoen het en die meeste diensbaarheid getoon het.
Kinross Jeugweek se span maak op borge en donasies.
Kinders het elke oggend tydens die jeugweek afgeskop met ’n lofprysings- en aanbiddingssessie gevolg deur ’n dieper geestelike sessie waar kinders die geleentheid kry om hul diepste seer of vrese te deel.
Estelle het gesê: “Dié kleingroep-byeenkomste is bekend vir hul impak op die kinders se lewens.
“Ons het selfs al gesien hoe kinders wat vasgevang is in dwelms en ander verslawings ’n radikale verandering ondergaan het in dié kleingroep-sessies.”
Kinders neem ook tydens dié week elke dag aan die Kids Sports deel waar hulle verskeie speletjies soos ‘Rounders’ met sagte balle, basketbal met watergevulde ballonne, mini-gholf deur draad-hoepels en koringsakresies speel en meeding.
Die doel van jeugweek is om goeie waardes in elke kind te vestig en om die kinders bewus te maak van die feit dat almal ’n keuse het oor hoe ’n mens jou lewe leef.
“Ons moedig die kinders aan om goeie keuses te maak, nie net vir hul eie voordeel nie, maar ook tot voordeel van ander,” het Estelle gesê.
Mense wat by dié jaarlikse bediening betrokke wil raak, of ’n donasie wil gee, kan Estelle skakel by 082 412 0196.

Sien nog foto’s by http://thebulletin.co.za/kinross-n-g-kerk-jeugweek/

Kinders neem aan speletjies deel.
Kinders neem aan speletjies deel.
Kinders neem aan speletjies deel.
Kinders neem aan speletjies deel.
Estelle Coetzer, stiger van jeugweek met een van die kunsitems wat die kinders gemaak het.
Estelle Coetzer, stiger van jeugweek met een van die kunsitems wat die kinders gemaak het.
Van die organiseerders en helpers by die Kinross Jeugweek is (voor) Estelle Coetzer, Carli Vorster en Petro Duvenhage. Agter is Hennie en Belene Coetzer, Johanna Zandberg en Freddie de Lange.
Van die organiseerders en helpers by die Kinross Jeugweek is (voor) Estelle Coetzer, Carli Vorster en Petro Duvenhage. Agter is Hennie en Belene Coetzer, Johanna Zandberg en Freddie de Lange.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here