Jongkomp het ’n B.L.A.S.T

0
244
Giovanni Melé toets die sterkte van ‘n toring.

B.L.A.S.T -jeuggroep het onlangs ’n jeugaand by hul kerk in Hottentots Holandsstraat gehou.
Die aand se tema was “Under Construction”.
Een van die aktiwiteite wat die jeug dié aand moes aanpak was dan ook gepastelik ’n toringbou-oefening.
“God wil hê dat ons ver meer bereik as wat ons moontlik dink” het Giovanni Melé, jeugleier, gesê.
“Most assuredly, I say to you, he who believes in Me, the works that I do he will do also; and greater works than these he will do, because I go to My Father” was die boodskap waarmee Giovanni begin het.
Die jongmense se opdrag was om ’n toring te bou uit slegs koerantpapier en maskeerband.
Hulle geen raamwerk gehad om vanaf te werk nie.
Twee beoordeelaars het die torings getoets duer te kyk of die toring die gewig van ’n kopie kan dra.
Daar was vir elke toring ’n toekenning in katagorieë van die hoogste tot die mooiste.
“Die jeug is besonders belangrik vir ons, dit is ons voorreg en plig om die jeug op te lei as sterk geestlike leiers vir die toekoms” het Giovanni gesê.
Dié jeugaand was die laaste van die kwartaal en die jeug kom weer op 22 Julie byeen.

Giovanni Melé toets die sterkte van ‘n toring.
Giovanni Melé toets die sterkte van ‘n toring.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here