Isabel is steeds vermis

0
638

Isabel (Bella) Koekemoer se familie is steeds opsoek na haar.
Sy is op Vrydag, 1 Julie laas op Secunda gesien.
Sy het met ’n goudkleurige Bantam bakkie 1.3XLI voertuig gery.
Dié bakkie het ’n wit kap op met ’n plakker wat lui: Cordon’s Bay Cape Town We Care met registrasienommer DSV409MP.
Lede van die sektorpolisie en die gemeenskap het gisteraand om 18:00 by die eendedam bymekaar gekom en na haar gesoek.
Hulle het die soektog om 19:40 gisterand afgelas.
As enige iemand inligting oor Isabel het of die voertuig gesien het, skakel kapt. Joy Smit of konst. Zwane by Secunda Polisie by 017 888 0800 of 017 624 2264 of 079 723 2162.
Haar familie vermoed dat sy dalk in Pretoria kan wees.

Vermis1

Lede van die sektorpolisie en die gemeenskap het gisteraand by die eendedammetjie bymekaar gekom om te help soek na Isabel Koekemoer wat sedert Vrydagaand vermis word.
Lede van die sektorpolisie en die gemeenskap het gisteraand by die eendedammetjie bymekaar gekom om te help soek na Isabel Koekemoer wat sedert Vrydagaand vermis word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here