Logan moet kogliêre inplantings kry

0
959

Die Country Boere-Makietie en Mej.Country 2016-skoonheidskompetisie is op Saterdag, 25 Junie in die Makoro-saal by Lake Umuzi gehou om geld in te samel vir Logan Dyssel wat op 6 September ’n operasie moet ondergaan.
Klein Logan is op 21 Oktober 2013 gebore, maar is kort ná sy geboorte terug hospitaal toe en geopereer weens ’n hart-defek.
Hy het intussen verskeie operasies, onder andere ’n ope-hartoperasie ondergaan en hy het verlede jaar ’n ligte beroerte gehad en is terug hospitaal toe.
Hy het breinskade opgedoen en is heeltemal doof en kan nie loop of praat nie.
Hy het nou koglea-inplantings nodig om te kan hoor en dit kos sowat R272 000 per oor.
Logan en sy ouers woon op Steelpoort, maar sy ouma, Pippa Soloman wat op Secunda woon, het die dag gereël om geld in te samel vir Logan se implantings.
Alla Model- en Skoonheidsonderneming het ’n modelkompetisie gereël as deel van die dag en die opbrengste is ook aan Logan geskenk.
Die wenners van die modelkompetisie was Sonrica van Wyk (3-6), Jonica van Wyk (7-9), Elandri Kleynhans (10-12), Kayla Jorge (13-15), Lerato Tau (16-19), Melandri Lamprecht (20+) en Joey Viljoen (Mevrou).
Die wenners onder die seuns was Jared Davie (juniors) en Jayte Lamprecht (seniors).
Renaldo Alberts, Stephan Curlewis en sangers van Nashpro het vir die musiek gesorg en motorfietsklubs het ook die dag ondersteun.
Allison Cornje (eienaar: Alla Model- en Skoonheidsonderneming), het namens Pippa vir Johan Rosslee wat die plek beskikbaar gestel het, bedank asook almal wat bygedra het tot die dag om dit ’n sukses te maak en hulle ondersteun het.

IMG_3472

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here