Sakevroue woon Mpumalanga-kongres by

0
318

Afgevaardigdes van die Secunda-tak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue het 15 Junie in Nelspruit tmet ander sakevroue in Mpumalanga byeengekom.
Die halfdag SARSV Mpumalanga -kongres is bygewoon deur Jo Hawkins en Ancois van Zyl as verteenwoordigers vir die Secunda-tak.
Die eerste spreker was Mark Pearce wat gesels het oor uitbranding in die werksplek en hoe om dit te hanteer en tevoorkom.
Diana Jansen is ondervoorsitter van die raad en het gesels oor verandering gebasseer op die boek Who Moved My Cheese.
Wessel Venter is die Mpumalanga AHi verteenwoordiger en gesels oor hoe die raad en AHi kan hande vat en ‘n verskil maak in besigheid en omliggende gemeenskappe.
“Die hoofspreker was Coenie de Villiers wat die Musiek-brein in Besigheid bespreek het en hoe ons heelbreindenke moet gebruik.
“Hy is nie net ‘n musikant nie, maar ‘n inspirerende besigheidsman,” vertel Ancois, die Secunda-tak se voorsitter.

13411628_10153441887346548_7236678253612974462_o

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here