Skakel krag só om

0
1792
Gerrit van Wyk wys hoe die stelsel langs ’n normale kragbord lyk.

Is jy moeg daarvoor om sonder krag te sit?
Daar is ander opsies as om op Eskom staat te maak.
Gerrit van Wyk spesialiseer in kragvoorsieningstoestelle en het gesê mense gaan vir die goedkoopste alternatief en hulle dink dit is ’n kragopwekker.
Volgens hom is dit egter onwettig en gevaarlik om ’n kragopwekker op een kragpunt te koppel.
“As jy nie die hoofstroom van die elektrisiteit oorskakel nie, kan jy ander beseer of selfs doodskok,” het Gerrit gesê.
“Die wetlike metode is om ’n skakelaar te laat installeer en dan moet ’n mens eers fisies die krag afskakel.”
Hy het inwoners gemaan om te pasop om stelsels van sub-standaard te koop.
Hy het ook gesê dat nie alle kragopwekkers van beskermingskomponente voorsien is nie.
Die voordele van die omskakelingsstoestelle is, dit skakel ’n mens se krag outomaties aan as beurtkrag intree, dit is dus moeitevry en geluidloos.
“Jy kan mettertyd vir jou ’n stelsel opbou en naderhand heeltemal onafhanklik wees van Eskom.
“Ek dink ons gaan in die toekoms nog baie meer betaal vir elektrisiteit as nou.
“As jy nou voorsiening maak vir krag hoef jy nie in die toekoms so baie vir elektrisiteit te betaal nie.”
Hy het inwoners aangeraai om drie vrae te vra as hulle dié stelsel oorweeg:
1. Hoe sterk stroom wil jy hê?
2. Vir hoe lank wil jy dit hê?
3. Is jou mikpunt om mettertyd onafhanklik van Eskom te wees?
“As mense oningelig is, maak hulle verkeerde besluite wat hulle later duur te staan kom.
“Jy kan nie elektriese installasies aan jou huis laat doen deur ’n ongekwalifiseerde persoon nie en die versekering sal ook nie uitbetaal as iets gebeur en dit was ’n ongekwalifiseerde persoon wat aan jou elektrisiteit gewerk het nie.
“As jy enige elektriese toevoeging in jou huis laat doen, moet jy volgens wet ’n toevoegingssertifikaat vir dit hê.”
Hy het inwoners ook aanbeveel om ’n omskakelingstoestel te koop wat reeds sonpaneel-gereed is.
Skakel Gerrit van Weskom by 082 440 1649.

Gerrit van Wyk

Gerrit van Wyk wys hoe die stelsel langs ’n normale kragbord lyk.
Gerrit van Wyk wys hoe die stelsel langs ’n normale kragbord lyk.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here