Fotograwe skryf beste foto’s in

0
861
Danie Smit se foto Singing in the Rain.

Dr. Leon Pelser van Kriel was die beoordeelaar by die Hoëveld-fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 6 Mei.
Hy het ook ’n aanbieding gedoen en sy foto’s gewys van opehart-chirurgie.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was produkte en James Harris het gewen met sy foto Espresso.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Die ander fotograwe (seniors) wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is dr. Leon Pelser met sy foto Mot op Stralizia in die natuurafdeling en Hanno de Beer met sy foto Reënboog en Sononder in die landskapafdeling.
Die junior fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Koos Janse van Vuuren met sy foto’s Puntjie Beach Cave in die landskapafdeling, Old Damaged House in Vermaaklikheid in die pikturale afdeling en Whiskey Branding in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Gerrit Myburgh met sy foto Karoo Vista ook in die landskapafdeling en John Mullineux met sy foto’s Brothers en Imminent Dangers, albei in die natuurafdeling.
Lede van dié klub het op Vrydag, 10 Junie weer vergader en die voorgeskrewe onderwerp was Ambagte.
Pierre Jordaan was die wenner met sy foto Pottebakker en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto Nonnetjie Eend.
Die ander fotograwe wat in Junie presteer het en sertifikate van meriete ontvang het is in die natuurafdeling Johan Viljoen met sy foto Starling en Heleen Linde met haar foto Bee on Lavender, Koos Janse van Vuuren in die landskapafdeling met sy foto Huisie in Vermaaklikheid, Danie Smit met sy foto Singing in the Rain en in die pikturale afdeling, Gerrit Myburgh met sy foto Vasgemeer en Jaco Linde met sy foto 2016 New Year’s Celebrations.
Linde se foto, Dakar Veteran in Secunda, in die fotojoernalistieke afdeling, het ook vir hom ’n sertifikaat van meriete losgeslaan en dr. Leon Pelser se foto Working Late het ook aan hom ’n sertifikaat van meriete besorg.
Die Hoëveldse-fotografieklub vergader weer op Vrydag, 8 Julie om 18:30 in die rolbal-klub se saal en die voorgeskrewe onderwerp vir Julie is Vorms en Lyne.
Vir meer inligting, skakel Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Koos Janse van Vuuren se foto Huisie in Vermaaklikheid.
Koos Janse van Vuuren se foto Huisie in Vermaaklikheid.
Jaco Linde se foto, 2016 New Year’s Celebrations.
Jaco Linde se foto, 2016 New Year’s Celebrations.
Dr. Leon Pelser se foto Working Late.
Dr. Leon Pelser se foto Working Late.
 Heleen Linde se foto Bee on Lavender.
Heleen Linde se foto Bee on Lavender.
Pierre Jordaan se foto, Pottebakker.
Pierre Jordaan se foto, Pottebakker.
Pierre Jordaan se foto Nonnetjie Eend.
Pierre Jordaan se foto Nonnetjie Eend.
Danie Smit se foto Singing in the Rain.
Danie Smit se foto Singing in the Rain.
Gerrit Myburgh se foto Vasgemeer.
Gerrit Myburgh se foto Vasgemeer.
John Mullineux se foto Imminent Danger.
John Mullineux se foto Imminent Danger.
Koos Janse van Vuuren se foto Old Damaged House in Vermaaklikheid.
Koos Janse van Vuuren se foto Old Damaged House in Vermaaklikheid.
Koos Janse van Vuuren se foto Puntjie Beach Cave .
Koos Janse van Vuuren se foto Puntjie Beach Cave .
Koos Janse van Vuuren se foto Whiskey Branding.
Koos Janse van Vuuren se foto Whiskey Branding.
James Harris se foto, Espresso.
James Harris se foto, Espresso.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here