Kansa Secunda kry toekenning

0
659

Gisele D’Alebout (Kansa: gemeenskap-mobiliseerder) en Charné Olivier (voorsitter van Kansa Secunda se Relay for Life-komitee) het onlangs by die jaarlikse Kansa Relay Summit, wat in die Kaap gehou is, ’n toekenning gekry vir die beste werwing van kanker-oorwinnaars.
Gisele het die nuwe komitee en vrywilligers wat gehelp het om die 2015/2016 Kansa Relay for Life ’n sukses te maak, bedank asook Ilse Cooper van Kansa Secunda.
“Sonder die hulp van die gemeenskap sal Kansa Kosmos nie kan funksioneer nie.”
Kansa het vanjaar R107 000 ingesamel en mik na R150 000 vir hul volgende Relay for Life wat in 2017 plaasvind.

Kansa

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here