ATKV-Kosmosrandtak kry toekenning

0
806
racey van Wyk met die toekenning wat die AKTV Kosmosrand-tak ontvang het.

Die ATKV-Kosmosrandtak het by die ATKV se nasionale kongres en algemene jaarvergadering ’n toekenning gekry vir ’n Projek van hoë gehalte.
Tracey van Wyk, van dié tak, het die toekenning in ontvangs geneem.
Dié tak het vroeër vanjaar met die gemeenskap hande geneem en die Secunda Gee Om Water-projek begin waar hulle duisende liters water vir boere in nood ingesamel het en met groot vragmotors aangery het na die Vrystaat.
Die gemeenskap het water geskenk en ondernemings het hul vragmotors en drywers beskikbaar gestel en gehelp met brandstof.
Tracey het almal wat by dié projek betrokke was en ’n bydrae gemaak het, bedank en die toekenning aan die gemeenskap opgedra.
Die kongres is op 25 en 26 Mei in Goudini gehou en altesaam 355 afgevaardiges van al die AKTV-takke in Suid-Afrika is gekies om die kongres by te woon.
Die ATKV-Kosmosrandtak het al verskeie toekennings op dié jaarlikse kongres verwerf, onder andere vir hul strikkie-projek toe hulle pienk strikke om bome vasgemaak het om borskankerbewusmaking te bevorder, vir hul As die Skoen Pas-projek toe hulle skoene aan minderbevoorregtes uitgedeel het en vir hul Winterwarm-projek toe hulle kos aan minderbevoorregte kinders se gesinne vir die vakansie voorsien het sodat dié kinders gedurende die skoolvakansie ook kos sou hê.
Dié tak het ook al verskeie kere die toekenning vir die tak met die hoogste graad van funksialiteit gewen.
Van die ander projekte wat dié tak verlede jaar aangepak het, was om kankerpasiënte te help en by te staan, om vir polisielede warm sop en broodjies te neem in die winter en om koekies in die vorm van hartjies aan verpleegsters en dokters uit te deel.
“Die Here het die projekte in ons harte geplaas, alle eer aan Hom,” het Tracey gesê. – Jana Oosthuizen.

racey van Wyk met die toekenning wat die AKTV Kosmosrand-tak ontvang het.
racey van Wyk met die toekenning wat die AKTV Kosmosrand-tak ontvang het.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here