Inbrekers vlug met ring en selfoon

0
779

’n Vrou is die naweek in haar huis in Danie Theronstraat beroof.
Sy het geslaap maar die geluid van ‘n venster wat breek het haar wakker gemaak.
Volgens Secunda-polisiekantoor se skakelbeampte, lt.-kol. Bettina Zondo, het een van die inbrekers die vrou vir geld en ’n rekenaar gevra.
Sy het glo gesê sy het nie waarna nog ’n inbreker verskyn het en die flits in haar gesig geskyn en toe haar ring van haar vinger afgehaal het.
Die twee mans het gevlug met haar ring en haar selfoon.
Die polisie was op die toneel en ondersoek nog die saak.

crime2

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here