Ondersteun Nico vanaand by Spur

0
502

Nico van den Berg was die 2015 Kadet Afrika-stoeikampioen en het vanjaar in Maart aan die Suid-Afrikaanse Junior Stoei Proewe deelgeneem en is vir die Suid-Afrikaanse Stoeispan gekies wat in Junie aan die Junior Afrika-stoeikampioenskap in Algiers gaan deelneem.
Van den Berg gaan op Dinsdag, 24 Mei (vanaand) vanaf 18:00 tot 22:00 by Spur werk om geld in te samel vir sy deelname in Algiers, Algerië.
Van den Berg is ook gekies om op Saterdag, 28 Mei aan die Arnold Classic Africa Stoei-toernooi wat in Johannesburg plaasvind, deel te neem.
Vir meer inligting, skakel Johan van den Berg by 082 322 9893.

IMG_4212

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here