Goedehoop wen Bybelvasvra-kompetisie

0
726
SONY DSC

Laerskool Goedehoop se A-span het ’n eerste plek verower en 100% behaal in ses afdelings in die Hoëveldgroep se Bybelvasvra-kompetisie wat op Vrydag, 6 Mei op Bethal plaasgevind het.
Daar het nege spanne aan dié kompetisie deelgeneem en Goedehoop het die wisseltrofee en goue medaljes verower.
Goedehoop se B-span het ’n derde plek behaal en 89% gekry in al ses afdelings.
Dié leerlinge moet vanjaar 726 verse uit hul koppe ken om aan vier kompetisies deur die jaar deel te neem.
Die spanne bestaan uit (voor) Morgan Blake, Suné Visser, Cheri Rudolph en Cara Strydom. Agter is Clarize Winkler, JD Kotzé, De Clercq Stoltz en Ruan van der Merwe.

SONY DSC
SONY DSC

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here