Pretprater laat vroue skater van die lag

0
1076
Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole, bedank die pretprater, Elsabé Aldrich, wat vroue Saterdag laat skater het van die lag.

Laerskool Secunda en Lynco het op Saterdag, 14 Mei ’n vroue-oggend en gholfdag by Graceland-casino, -hotel en -buitelugklub aangebied met 611 vroue wat dié geleentheid bygewoon het.
Die plaaslike jong sanger, Renaldo Alberts het vir die musiek gesorg en Dieter Uken was die seremoniemeester en het ook musiek gemaak.
Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole, het die oggend geopen en gesê die vrou is geskape as die hoogtepunt van God se skepping.
“Jy is die een met die sagte hart, jy is die een met diensbare hande,” het sy gesê.
“God het gesê jy is die kroon van Sy skepping, ons kan ’n verskil maak in ander se lewens.”
Die doel van dié Lag vir Liefdadigheid-vroue-oggend was om geld vir liefdadigheid in te samel.
Al die opbrengs van die oggend gaan teruggeploeg word in behoeftige kinders se lewens.
Marietha het al hul borge asook hul hoofborg, Lynco, bedank.
Die hoogtepunt van die oggend was die spreker wat na haarself as ’n pretprater verwys het.
Sy het verskyn met flikkerende Kersfeesliggies om haar nek en sy het die gehoor behoorlik aan haar lippe laat hang en laat skater van die lag haar pittige sêgoed en snaakse stories.
“Sommige vroue verlig ’n vertrek deur in te stap en ander verlig dit deur uit te stap, ek maak seker ek verlig dit deur in te stap,” het sy gesê oor die liggies om haar nek.
Elsabé Aldrich het al in Londen, New York, Windhoek en Washington gewoon saam met haar diplomaatman en het vertel van die snaakse oomblikke wat sy al as diplomaatsvrou beleef het.
Sy het gesê dat dit wat binne-in ’n mens is, dit is wat saak maak.
“Die ware jy sonder grimering, maar mense ‘judge’ mens mos en kyk waar bly jy, wat kry jy en wat ry jy.
“Die van ons wat ons hand in die Here s’n gesit het, gaan nie dood nie, ons gaan net oor tot heerlikheid.
“As die Here eendag vir jou sê: ‘Welkom my dogter’, dis waaroor alles gaan,” het sy haar pretpraatjie afgesluit.

Dieter Uken vermaak die gehoor met sy musiek op Saterdag, 14 Mei tydens Laerskool Secunda se Lag vir Liefdadigheid-vroue-oggend.
Dieter Uken vermaak die gehoor met sy musiek op Saterdag, 14 Mei tydens Laerskool Secunda se Lag vir Liefdadigheid-vroue-oggend.
Elsabé Aldrich het die gehoor laat skater op Saterdag, 14 Mei tydens Laerskool Secunda se vroue-oggend.
Elsabé Aldrich het die gehoor laat skater op Saterdag, 14 Mei tydens Laerskool Secunda se vroue-oggend.
Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole, bedank die pretprater, Elsabé Aldrich, wat vroue Saterdag laat skater het van die lag.
Laerskool Secunda se hoof, Marietha Cole, bedank die pretprater, Elsabé Aldrich, wat vroue Saterdag laat skater het van die lag.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here